Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisiestasie het 'n dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die liggaam van 'n vrou op Dinsdag, 6 Desember in 'n brandende voertuig in die veld naby die Robinsonpas gevind is.
Die vrou was reeds dood toe nooddienste op die toneel aankom. Brandbestryders is ook na die toneel ontbied omdat die vlamme van die brandende voertuig na die veld in die gebied versprei het.
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie. Die oorledene se naam is aan die Mossel Bay Advertiser bekend maar is teen die ter perse gaan nog nie offisieel deur die polisie bekend gemaak nie.
Vorige berig: Voertuig aan brand by Robinsonpas, een dood
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'