Volgens 'n ooggetuie, mnr Willie Groenewald van MSec Sekuriteit, het die vrou uit die rigting van die Caltex-motorhawe na die Shell-motorhawe die pad oorgesteek toe sy voor 'n wit Jetta beland het.
Na wat hy kon sien, het die Jetta nie vinnig gery nie en was die ongeluk onvermydelik.
Die bestuurder van die Jetta is erg getraumatiseer en is op die toneel deur haar man bygestaan.
Wetstoepassers was baie gou op die toneel en die verkeerspolisie het die vrye vloei van verkeer verby die ongelukstoneel verseker.
Omstanders het ontsteld aan die Mossel Bay Advertiser gevra waarom daar nie erns gemaak word met 'n behoorlike voetoorgang by die kruising by hierdie twee motorhawens nie, veral omdat passasiersbusse gereeld daar aandoen en daar baie voetgangerverkeer by hierdie kruising is.
.jpg)
Oggetuie, mnr. Willie Groenewald van MSec Sekuriteit.