MOSSELBAAI NUUS - 'n Vrou is op Donderdag, 31 Oktober helderoordag in Essenhoutstraat, Heiderand deur twee onbekende mans van haar selfoon beroof.
Adjudant-offisier Pieter Koekemoer, woordvoerder van die Mosselbaai-polisie, waarsku die publiek om te alle tye paraat te wees, veral wanneer hulle te voet is in die omgewing van die Mosselbaai Mall asook langs Louis Fourieweg en in die omgewing van die Suid-Kaap Kollege.
Enigiemand wat meer inligting kan verskaf rakende die insident kan sers Riaan Karelse kontak (081 887 8988 of 044 606 2850).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'