Gallery
BOGGOMSBAAI NUUS - Die Sandpiper Mocktober Bierfees word jaarliks gereel deur Fred Orban en sy bekwame span.
Nie alleen word daar heerlik op die tennisbaan gekuier met yskoue bier, wyne, Frankfurters en slaaie nie, maar die publiek word ook bewus gemaak van die kosbare mariene lewe van Mosselbaai.
Hierdie jaar was daar ook die lekkerste vetkoeke vir die honger besoekers!
Die “Keep Fin Alive” projek wat deur Esther Overbeek begin is, het 'n poppekas aangebied vir die kinders om hulle meer oor haaie te vertel.
'n Gedeelte van die dag se opbrengs gaan ook aan S.M.A.R.T(Stranded Marine Animal Rescue Team).
'n Poppekas is aangebied vir die kinders.
Daar was verskeie stalletjies en hope pret vir die kleinspan terwyl ouers onder die sambrele met 'n koue enetjie kon ontspan.
Bierfees die Boggomsbaai manier!
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Boggomsbaai, Tuinroete, nuus'