MOSSELBAAI NUUS - By die binnenshuise sportsentrum het dit verlede Woensdag alte vrolik gegaan toe jeugdiges byeengekom het om Jeugdag te vier.
Die vrou wat aan die stuur van sake gestaan het om die jonges te trakteer, is raadslid Julia Siyoko van Wyk 3.
Siyoko vertel dat daar alte lekker gedans is onder die jongklomp terwyl verversings geniet is.
Sy bedank haar borg, 'n vleisverwerkingsmaatskappy in Mossdustria, wat al jarelank haar gemeenskapsprojekte ondersteun. Siyoko se eggenoot het daar gewerk en daarom is die maatskappy terdeë bewus van haar gemeenskapswerk, asook die behoeftes wat daarmee saamgaan.
Raadslede Julia Siyoko (regs) en Anton Dellemijn, saam met Dellemijn se vrou, Annemarie.
Daar is alte lekker word gebraai, danksy 'n ruim skenking.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'