MOSSELBAAI NUUS - Die tweede Lentefees wat by Fairview Farmyard net buite Mosselbaai aangebied is, was weer eens 'n reuse sukses. Daar was genoeg vir almal om te geniet en die kosstalletjies en stalletjies met 'n wye verskeidenheid produkte, is goed ondersteun.
Kansa se Bark for Life het ook gesorg dat die viervoetiges kon deelneem en die potjiekoskompetisie se inskrywingsfooie het ook aan Kansa gegaan.
S.M.A.R.T. (Stranded Marine Animal Rescue Team) was die ander bevoordeelde organisasie vir die dag.
Oud en jonk het in verskillende kategorieë meegeding om gesogte skoonheidstitels. Die heerlike weer was 'n bonus en almal het die plaasatmosfeer geniet.
Werner Botha, Riaan Stroebel, Johan Engelbrecht en Anton Dellemijn was die beoordeelaars van die onderskeie kompetisies en hulle is bygestaan deur Danica Barnard.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'