Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai provinsiale hospitaal het op Vrydag, 19 November 'n hele klompie spesiale pasiënte onthaal.
Hieronder, was die spannetjie vroeggebore babas wat deur die hospitaal se personeel deurgehaal is.
Wêreld-vroeggeboredag oftewel World Preemie Day word jaarliks op 17 November gedenk.
Babas wat voor 37 weke van die swangerskap gebore word, word as vroeggebore beskou.
FOTOGALERY: Mosselbaai vier Wêreld Vroeggeboredag
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, word ongeveer 15 miljoen babas jaarliks wêreldwyd gebore. Dit is ook die primêre oorsaak in kindersterftes onder vyfjarige ouderdom.
Onder die gaste, was Ruth Grace Louw, wat in Oktober 2020, 12 weke te vroeg gebore is.
Sy het 700g by geboorte geweeg en moes maande lank saam met haar ma, Robyn in die hospitaal bly.
Ruth Grace Louw vroeër vanjaar.
Sy is eers in Februarie vanjaar ontslaan, toe sy die gewig van 2kg bereik.
VERWANTE ARTIKEL: 'Ek wíl haar hê'
Robyn Louw, het die gaste toegespreek en hulle bemoedig deur haar en Ruth Grace se besonderse verhaal te vertel.
Ruth Grace weeg nou 7kg.
Die mammas met hulle vroeggebore babas, saam met personeel van Mosselbaai provinsiale hospitaal.
Sr Priscilla van Niekerk by die spesiale koek wat vir di geleentheid geskep is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'