Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Motoriste in die groter Mosselbaai word vandag verras deur padblokkades van 'n ander aard. 'n Geïntegreerde misdaadvoorkoming en bewusmakingsaksie waarby wetstoepassers, burgerlike polisieforums, en plaaslike buurtwagte betrokke is, word vandag in die groter Mosselbaai gehou.
Behalwe dat motors deursoek word vir dwelms en vuurwapens, is die padblokkades ook ' n bewusmakingsveldtog oor geslagsgebaseerde geweld teen vroue en kinders.
Volgens ao Kappie Kapp, mediaskakelpersoon van die Mosselbaai-polisiediens, is die padblokkades die begin van Vrouemaand-feesvieringe om vroue bewus te maak van hul regte en hulle te bemagtig.
Kolonel Khutula Masakala, stasie kommissaris Da Gamaskop-polisie, moedig mense aan om uit te reik na ander in die gemeenskap en om die polisiekantore te besoek as hulle hulp nodig het.
Volgens haar is dwelmmisbruik onder jongmense 'n baie groot probleem, omdat dit lei tot geweld teenoor bejaardes, vroue en kinders.
VIDEO - Volgens ao Kappie Kapp, mediaskakelpersoon van die Mosselbaai-polisiediens, is die padblokkades die begin van Vrouemaand-feesvieringe om vroue bewus te maak van hul regte en hulle te bemagtig (Video: Alet Engelbrecht).
VIDEO - Kolonel Khutula Masakala, moedig mense om uit te reik die Vrouemaand (Video: Alet Engelbrecht).
Padblokkades word vandag in groter Mosselbaai gehou om Vrouedagfeesvieringe af te skop.
Verskeie wetstoepassing-instansies neem deel aan die padblokkades.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'