MOSSELBAAI NUUS - Begunstigdes wat Vrydag, 2 Oktober hulle huise in Sonksynvallei in ontvangs geneem het, het instemmend geknik toe Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, Tertius Simmers gesê het dat infrastruktuur ‘n tasbare nalatenskap van dienslewering in ‘n gemeenskap is.
Die polisie was op ‘n gereedheidsgrondslag tydens die oorhandiging ná dreigemente dat die oorhandiging ontwrig sal word.
Die Da Gamaskop-polisie het ook onlangs bekend gemaak dat die kwaadwillige saakbeskadiging aan voltooide huise in Sonskynvallei wat nog nie oorhandig is nie, kommerwekkend is.
Simmers het die begunstigdes aangespoor om mooi te kyk na dit wat hulle ontvang het en kwaaddoeners wat vandalisme pleeg aan die owerhede moet rapporteer.
Kommer heers oor die beskadiging van voltooide huise wat nog nie aan die nuwe eienaars oorhandig is nie:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'