MOSSELBAAI NUUS - Chris Oosthuizen het onlangs langs die strand tussen Hartenbos en Klein-Brakrivier gestap toe hy op 'n vreemde voorwerp, wat soos 'n kubus gevorm is, afgekom het.
Oosthuizen sê die mates is ongeveer 50cm x 50cm x 50cm. "Dit is seker maar iets wat van 'n skip afkomstig is, maar die tekstuur, wat lyk soos biologiese materiaal, is vreemd."
Indien enige Mossel Bay Advertiser lesers weet wat die voorwerp is, of 'n sterk vermoede het, kan die antwoord gestuur word na: louise@groupeditors.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’