MOSSELBAAI NUUS - ’n Wettige optog word Donderdag, 17 Augustus, op Mosselbaai gehou.
Partye wat tussen 09:00 en 13:00 aan die optog deelneem, sal vanuit verskeie gebiede beweeg om 'n memorandum aan die Mosselbaai-munisipaliteit te oorhandig.
Die memorandum handel grootliks oor die kragtarief-heffings, behuising, korrupsie, gelyke geleenthede ens.
Verskeie paaie gaan beïnvloed word deur die optog en motoriste word gevra om die roetes te vermy.
Die beplande roete is as volg:
- Begin 09:00 vergader by taxi-staanplek in Crotzstraat
- Die optog begin 10:00 en beweeg af in Adriaanserylaan tot by Shoprite.
- Vanaf Shoprite af in Bill Gefferyrylaan verby die Mountain View kruising tot by Mikeva.
- Dan word daar af beweeg af in Mosselstraat tot by D'Almeida gemeenskapsaal.
- Regs af in Alhofrylaan, verby Tarka, dan af in Marshstraat tot by die munisipaliteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’