MOSSELBAAI NUUS - Twee vragmotors het vanmiddag, 9 Julie, die N2 naby Glentana verlaat ná ‘n ongeluk.
Volgens die polisie het die bestuurder en passasier van een vragmotor ligte beserings opgedoen en is deur ambulansdienste na ‘n hospitaal vervoer.
Die een vragmotor het ná bewering die ander van agter af geraak waarna albei die pad verlaat het.
‘n Saak van roekelose en/of nalatige bestuur word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’