Update
MOSSELBAAI NUUS - In reaksie op ‘n berig deur die Mossel Bay Advertiser aangaande Hoërskool Sao Bras wat gister aanlyn verskyn het, het ‘n opvoeder by die skool repliek gelewer.
In die berig, beweer ‘n ouer dat leerders verlede week Donderdag, 16 Julie buite die skool gestrand was aangesien die skoolhekke gesluit was. Die leerders is glo daarna op die skoolterrein toegelaat en ingelig dat daar ‘n Covid-19 positiewe geval by die skool is.
Die opvoeder het verduidelik dat hulle skanderingstelsel deeglik in plek is. “Alle opvoeders word om 07:10 geskandeer. Hierna, ontvang ons eers die leerders vanaf 07:30 tot 08:00. Dit is ons protokol om dan die hoofhekke te sluit vir die leerders se eie veiligheid. Leerders wat na 08:00 by die skool aankom, word dan by ‘n kleiner hek ingelaat.”
Die opvoeder sê dat die hoofhekke gesluit word, juis om enige ongemagtigde persone van die skoolterrein af weg te hou. “Dit is deel van ons Covid-19-protokol wat ons uitvoer in lyn met die voorskrifte van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.”
Voorts het die opvoeder bevestig dat enige leerder wat angstig voel, by die skool toegang het tot emosionele ondersteuning. “Ons het, as deel van ons Covid-19-protokol opgeleide ondersteuningswerkers wat met die leerders kan gesels sodra ‘n afspraak gemaak word.”
Vorige artikel: Covid-19 complaint about High School
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'