MOSSEL BAY NEWS - Voormalige DA-raadslid, Anco Barker, het onlangs by die Patriotic Alliance (PA) aangesluit.
Mossel Bay Advertiser het voorheen oor Barker berig toe sy die DA in 2023 verlaat het ná sy beweer het die party is oneerlik. 'n Ruk daarna het sy by die VF Plus aangesluit, maar later gesê die party se waardes stem nie met hare ooreen nie.
Nou, sê Barker in 'n verklaring wat sy vandeesweek uitgereik het, het sy egter haar ware tuiste in die PA gevind.
"Vandag begin 'n nuwe en kragtige hoofstuk in my politieke reis. Ek, Anco Barker, is trots om aan te kondig dat ek my politieke tuiste gevind het by die PA - 'n beweging wat hoop, diens en 'n visie vir 'n verenigde Suid-Afrika beliggaam."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’