TUINROETE | KAROO NUUS - Volgens Caville Abrahams, waterveiligheidsinstrukteur van die NSRI verdrink ongeveer 1 500 persone jaarliks, waarvan 450 kinders is.
Die kans dat 'n kind wat sonder toesig naby water speel kan verdrink, is groot.
“Al hierdie verdrinkings kon verhoed word,” sê hy en waarsku dat 'n kind in ongeveer 4cm water kan verdrink.
Skole en instansies is welkom om vir Abrahams te kontak (071 8719664 / caville@searescue.org.za) vir gratis waterveiligheidslesse.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'