MOSSELBAAI NUUS - Geregistreerde eienaars van residensiële eiendomme wat pensioenarisse is, kwalifiseer vir spesiale kortings volgens 'n bruto maandelikse huishoudelike inkomste van alle persone wat permanent op daardie eiendom woon.
Om in aanmerking te kom vir die korting, moet die eienaar van die eiendom die geregistreerde eienaar van die eiendom wees wat aan die vereistes van die definisie van residensiële eiendom voldoen.
Die eienaar van die eiendom moet:
(a) die eiendom as sy/haar primêre woning beset, en
(b) minstens 60 jaar oud wees, of
(c) is medies ongeskik verklaar, en
(d) 'n bruto maandelikse huishoudelike inkomste ontvang wat nie die bedrag wat deur die Raad bepaal is, oorskry nie.
Voordeel
• Die totale bruto inkomste van man en vrou mag nie meer as R21 000 per maand (R252 000 per jaar) wees om in aanmerking te kom vir 'n korting van 30% op eiendomsbelasting en riooltariewe.
• Die totale bruto inkomste van man en vrou mag nie meer as R15 750 per maand (R189 000 per jaar) wees om in aanmerking te kom vir 'n 50% korting op eiendomsbelasting en riooltariewe.
Die munisipaliteit doen 'n beroep op pensioenarisse om aansoek te doen vir hierdie kortings. Aansoekvorms kan verkry word by hul inkomste-afdeling.
Kliënte kan die munisipale kantore skakel by 044 606 5000, of 'n e-pos stuur na admin@mosselbay.gov.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'