KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - ’n 42-jarige vrou is die afgelope naweek weens ’n ongeluk op die N2 dood.
Volgens sers. Lauriane Botha, woordvoerder vir die Groot-Brakrivier-polisie, het die ongeluk Saterdag, 21 Junie, net voor 16:00 naby Power Town, Klein-Brakrivier, plaasgevind.
Die bestuurder van ’n voertuig was in die rigting van Mosselbaai onderweg toe die vrou, ’n voetganger, getref is.
Die oorledene is intussen as Charlene le Grange geïdentifiseer. Sy het na bewering die pad probeer oorsteek toe die voertuig haar getref het.
Le Grange se familie het gesê hulle wil nie in hierdie stadium ’n huldeblyk lewer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’