MOSSELBAAI NUUS - 'n Man van Herbertsdale is vroegoggend vandag (Sondag 12 Augustus) na 'n motorongeluk oorlede net duskant Albertinia.
Volgens die KwaNonqaba- polisie se woordvoerder, sersant Kapp, kan die slagoffer se naam nog nie bekend gemaak word voordat naasbestaandes nie ingelig is nie.
Die slagoffer het voor die noodlottige ongeluk op 'n plaas in die Herbertsdale-omgewing gewerk.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'