Breaking News
MOSSEL BAY NUUSFLITS - 'n Bejaarde inwoner van Hartenbos-versorgingsoord is omstreeks 14:20 vanmiddag oorlede nadat ‘n vragmotor hom by ‘n verkeerskruising getref het.
Volgens inligting verskaf van die Da Gamaskop-polisie was die 87-jarige man man, vermoedelik vanaf die Engen-garage onderweg na die woonkompleks Aura Aesta.
Die insident het by die kruising van Louis Fourieweg en Kaap de Goede Hoop-laan plaasgevind.
Die vragmotor was vanaf Voorbaai in die rigting van Brandwag onderweg.
Die bejaarde man is op slag dood en ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek.
'n 87-jarige man is vanmiddag dood gery by Louis Fourieweg. Foto: Nickey le Roux
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'