MOSSELBAAI NUUS - 'n Man en vrou was geskok vanmiddag toe hulle hul silwer Volkswagen Golf nie meer op die parkeerplek gekry het as waar dit geparkeer was nie.
Die man was by die dokter en het die voertuig op die parkeerarea tussen Zietsman- en Montagustrate, net bokant die taxi staanplek geparkeer. Volgens die vrou het sy die voertuig se alarm hoor afgaan, maar nie besef dat dit hulle Golf s’n is nie.
Die voertuig het op ‘n onverklaarbare manier self begin beweeg en oor ‘n 3m-wal gestort.
Die handrem was wel geaktiveer gewees. Aansienlike skade is aan die voertuig aangerig en 'n insleepdiens het die voertuig, asook die man en vrou na hul huis geneem.
Die Silwer Vokswagen Golf het sowat 3 meter oor die wal gestort. Foto: Verskaf
Aansienlike skade is aan die voertuig aangerig. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'