MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-nooddienste is gisteraand om ongeveer 20:00 na ‘n ongelukstoneel naby Friemersheim ontbied waar 'n voertuig aan die brand geslaan het.
Twee voertuie was in die botsing betrokke.
Een manlike insittende is vir ‘n besering aan sy been behandel.
Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek ‘n saak van roekelose-en-nalatige bestuur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’