GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die toneel waar 'n Nissan-bakkie op sy dak beland het op die N2, is nou skoon.
Dié ongeluk het rondom 17:20 plaasgevind in die rigting van Mosselbaai naby die Groot-Brakrivier afrit.
Volgens die woordvoerder vir die Groot Brak Polisie, sers Lauriane Botha, het die voertuig se twee insittendes slegs ligte besering opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’