MOSSELBAAI NUUS - Met Hartenbos VLV se vergadering in Oktober het Alta Landman die lede met 'n interessante praatjie op 'n staptoer na die Everest-basiskamp geneem.
Sy het die 5 364 meter na die basiskamp aangedurf in yskoue, winderige weersomstandighede.
Die inwoners van Katmandu dien verskillende gelowe. Die Hindoes maak geen diere dood nie, hoewel hulle lewendige diere aan 'n verskeidenheid gode offer. Beeste loop ook vrylik in die stede rond.
"Alta het ook die eienaardige begrafnisritueel met ons gedeel, wat mens tot en met $35 000 uit die sak kan jaag. As gevolg van die destydse aardbewing waartydens skoolgeboue beskadig is, word skooltye vanaf 06:00 - 22:00 ingedeel om soveel moontlik leerkragte te huisves in die geboue beskikbaar. Dit was 'n belewenis om meer te leer van die leefstyl van ander."
Hartenbos VLV het ook 'n jaarprojek gehad waarmee hulle geskenkpakkies gevul het met die nodige items vir kankerpasiënte Dit is tydens die vergadering oorhandig aan Maxi Willemse van Kansa.
Geskenkpakkies vir kankerpasiënte is aan Maxi Willemse (middel) oorhandig. Saam met haar op die foto is Rita Burger (links) en Rita Botes (regs).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'