MOSSELBAAI NUUS - Klein-Brakrivier VLV-tak het hierdie jaar se baie gewilde reeks werkwinkels op 22 Junie afgesluit met ‘koekie versierings’ wat deur Edna Myburg van die bekende Cake Petal en haar mentor Hilary Otto, aangebied is.
Dit klink makliker as wat dit is, maar daar is ‘n hele klomp vaardighede en beslis ervaring agter hierdie kuns.
Die koekies word versier deur rand van versiersuiker met dun versier-buisie op die koekie te spuit. Sodra die rand droog is word dit opgevul met inloop versiersuiker. Inloopwerk moet tot teenaan die buiterand wees. ‘n Hoedespeld word gebruik om die versiersuiker tot teen die rand te stoot of om lugblasies te verwyder. Koekies kan dan onder waaier geplaas word om die glans te behou want hoë humiditeit beïnvloed die uitkoms.
Almal wat hierdie werkwinkel bygewoon het, was dit eens dat nuwe vaardighede makliker onder ‘n ervare kenner aangeleer kan word.
Vir meer besonderhede oor Klein-Brakrivier VLV-tak se bedrywighede, bywoning of om aan te sluit, kontak Lynette (083 448 5548) of Leedee (082 928 5624).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’