KLEIN BRAKRIVIER NUUS - Die VLV Klein-Brakrivier-tak, het op 'n hittige Dinsdag, 29 Januarie letterlik die nuwe jaar met vuur en vlam ingespring.
Voorsitter Hester Krige en haar bestuurspan, was verantwoordelik vir die suksesvolle byeenkoms waar drie nuwe lede ook aangesluit het.
Daar was 'n insameling van vriendskapsmunte vir die Wêreldbond van Plattelandse Vroue; 'n prysuitdeling vir die 2018 uitblinkers; en 'n bondige bespreking van 2019 se aktiwiteite. Die res van die middag is heerlik saam gekuier rondom oorlaaide tee- en koektafels.
As deel van die VLV Klein-Brakrivier-tak se jaarprojekte, is broodknippies en harde plastiek proppies ingesamel (om gratis rolstoele te bekom). Daar was omtrent 'n bakkievrag vol proppies – dankie vir almal. Verder is daar ook begin met 'n maandelikse liefdesmandjies vir behoeftige diere. Sodra hierdie mandjie lekker oorvol is, sal dit aan 'n kwalifiserende instansies geskenk word.
Sertifikate 2018
Die volgende lede het almal sertifikate ontvang vir kompetisieprestasie in 2018:
Engela Buys - 1ste plek takpunt (2 899), 1ste ope afdeling (566), 1ste gebak (310), 1ste hekelwerk (540), 1ste breiwerk (461), 1ste borduurwerk (68), 1ste handvlyt (232), 1ste konferensie-artikels 2019 (379), 1ste gebottel (459) en 2de masjienwerk (450).
Heléne Swanepoel - 2de plek takpunt (2 713), 2de ope afdeling (549), 1ste masjienwerk (467), 2de gebak (288), 2de hekelwerk (524), 2de breiwerk (460), 2de borduurwerk (65), 2de handvlyt (206), 2de konferensie-artikels 2019 (210) en 3de gebottel (423).
Elize Kieser - 3de plek takpunt (2 476), 1ste fotografie (468), 2de blomme (425); 2de gebottel (434), 3de gebak (214), 3de masjienwerk (370), 3de borduur (60), 3de konferensie-artikels 2019 (146).
Ria van Straaten - 2de plek fotografie (305).
Lydie Terblanche - 3de plek ope afdeling (515), 1ste blomme (559).
Cecilia Pieterse - 3de plek hekelwerk (148).
Lynette Nel - 3de plek breiwerk (147), 3de handvlyt (160), 3de fotografie (85), 3de blomme (243).
Daleen Cloete het 'n tweede plek vir haar mikrogolfvrugtekoek in die 2018 VLV konferensie-afdeling behaal.
Takknopies
Sus Olivier (40 jaar), Rosemarie Liebetau (25 jaar), Deville du Plessis (20 jaar), Annette Bosman (15 jaar), Hannetjie Swanepoel (10 jaar), Lynette Nel (10 jaar) en Gerda Visser (vyf jaar), het almal tak-knopies vir aantal jare as VLV-lid, ontvang.
Nege lede het ook elk 'n blomplantjie ontvang vir 100% bywoning in 2018.
Februarie
Merk solank ook in die dagboek die volgende byeenkoms op 26 Februarie. Heléne Swanepoel en haar kuns-groep beplan 'n propvol middag met 'n plaaslike skrywer, musiek en 'n mosaïekdemonstrasie. Daar gaan 'n uitstalling wees van hierdie groep se pragtige kunswerke, 'n marktafel en 'n lootjie vir 'n heerlike leesboek. Natuurlik sal daar ook 'n lootjie getrek word vir Pandora se boks. Meer inligting oor die kompetisies is beskikbaar in die jaarprogram en sal ook Februarie in hierdie koerant verskyn.
Kontak gerus vir Lydie (leedee) Terblanche met enige navrae oor die Februarie-byeenkoms: 082 928 5624 of lydie@vodamail.co.za
Daleen Cloete (links) het 'n tweede plek vir haar mikrogolf vrugtekoek in die 2018 VLV konferensie-afdeling behaal. Hier is sy saam met Rita Burger.
Hierdie lede het almal takknopies vir aantal jare as VLV-lid, ontvang. van links is Sus Olivier (40 jaar), Lynette Nel (10 jaar), Gerda Visser (vyf jaar), Deville du Plessis (20 jaar) en Rosemarie Liebetau (25 jaar). Annette Bosman (15 jaar) en Hannetjie Swanepoel (10 jaar) was nie teenwoordig met die oorhandiging nie.
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakriver, Tuinroete nuus'