KLEIN BRAKRIVIER NUUS - Die VLV Klein-Brakrivier-tak het op ‘n digitale platform Valentynsdagfoto’s met mekaar gedeel, elkeen veilig tuis.
Dié tak se eerste byeenkoms vir 2021 vind op Dinsdag, 23 Februarie om 10:00 by die Klipheuwel-padstal plaas. Gaste is welkom teen R30 elk.
Daar sal tydens die bykoms gesels word oor die relevansie van Klipheuwel vir die tak. Daarna kan almal verder lekker gesellig verkeer.
Vir meer inligting of bywoning, kontak vir Lynette Nel (083 448 5548).
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakrivier, Tuinroete nuus'