MOSSELBAAI NUUS - Die VLV Hartenbos het op Dinsdag-oggend, 25 Oktober 'n Koppie vir Kansa tee-funksie aangebied wat deur 66 dames bygewoon is.
Gerda Visagie van die Hartenbos Apteek was die gasspreker en ds Johann Engelbrecht het met 'n pragtige sang- en kitaarvertoning die regte atmosfeer geskep vir 'n heerlike kuier-oggend.
Tilla Schoeman, steeds 'n aktiewe lid van die Hartenbos-tak, het 'n VLV-diensknopie ontvang vir 55 jaar diens.
Die geld wat deur die kaartjieverkope ingesamel is, word aan Kansa geskenk om hul onmisbare hulp aan kankerlyers te ondersteun.
Tilla Schoeman ontvang 'n VLV-Diensknopie van Rita Burger vir 55 jaar diens. Tilla is steeds 'n aktiewe lid van die tak.
Die tafelversiering vir elke gas by die Koppie vir Kansa-funksie wat deur die VLV Hartenbos gehou is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'