MOSSELBAAI NUUS - By Hartenbos VLV se vergadering met die fokus op openbare sake is daar oor die noodsaaklikheid van herwinning gepraat.
Die gasspreker was Stephan Lamprecht van Henque Waste. Lede het produkte wat van afvalmateriaal gemaak is, uitgestal.
Lucy Piek het die praktiese gebruik van herwinbare produkte gedemonstreer.
"Dit was ‘n baie interessante en leersame dag," berig een van die lede.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'