KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Klein-Brakrivier se VLV-tak fokus vanjaar op die herwinning van plastiek en altyd noodsaaklike gemeenskapsprojekte.
Met die eerste byeenkoms op 28 Januarie het lede en gaste met oorgawe weggespring deur kos en herwinde plastiekhouers as kosbakke vir minder bevoorregte diere asook broodsakkies vir ouetehuise is mildelik geskenk.
Die grootse bydrae was egter vir die Sweetheart Foundation se rolstoelprojek. Bykans 'n kattebak vol proppies en broodknippies is aan die Groot Brak-bewaararea geskenk wat dit verpak en wegstuur vir herwinning.
Hierdie week het hulle ongeveer 500kg proppies en 15kg broodknippies (versamel vanaf Julie 2019 in die gemeenskap deur individue en organisasies), gestuur. Dit is genoeg vir 'n rolstoel.
"Baie dankie vir almal se bydraes."
Februarie se VLV-byeenkoms is in die vorm van mini-werkwinkels en in Maart dek groepe verskillende kultuurtafels.
Vir meer inligting oor Klein Brak VLV, kontak vir Lynette Nel (083 448 5548).
Bykans 'n kattebak vol proppies en broodknippies is aan die Groot Brak-bewaararea geskenk vir die Sweetheart Foundation se rolstoelprojek.
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'