Video
MOSSELBAAI NUUS - Nooddienspersoneel, lede van die polisie en gemeenskapspolisieforum is tans werksaam op die Geelbeksvleipad naby Brandwag waar ‘n voertuig glo in vloedwater beland het.
Na wat verneem word het die bestuurder van die voertuig nie tydens die voorval ontsnap nie en na bewering verdrink.
Mossel Bay Advertiser-vryskutfotograaf, Grey Stopforth is op die toneel en meer inligting volg soos dit bekend word.
Navrae is aan die Da Gamaskop-polisie gerig en terugvoering word spoedig verwag.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
VIDEO: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'