Dit was op Donderdag 2 Oktober die geval toe 'n vliegtuig van die Flight Training College in George op die Vleesbaai-pad moes land. 'n Motoris het dit vreemd gevind en foto's aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.
Met navraag het Walter Waldeck, uitvoerende direkteur van Flight Training College, verduidelik dat daar tegniese probleme met die vliegtuig se enjin ondervind is, waarna die vlieënier genoodsaak was om 'n noodlan-ding in die naaste stil pad met geen risiko vir private eiendom, te doen.
Uit die foto's is dit ook duidelik dat daar geen skade aan die vliegtuig was nie. Die voorval is na die Civil Aviation Authority verwys.

Die vliegtuig verbonde aan die Flight Training College in George is verlede Donderdag op die Vleesbaai-pad opgemerk.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'