Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Starlite helikopter het eergister om ongeveer 14:00 naby Mossdustria duskant Mosselbaai neergestort.
Die omstandighede van die voorval was met die ter perse gaan steeds onbekend, maar 'n instrukteur en 'n student was glo aan boord en besig met vliegopleiding.
Niemand is na bewering tydens die voorval ernstig beseer nie. Mosselbaai se munisipale nooddienste is na die toneel ontbied waar daar na die instrukteur en die student omgesien is.
Die vlieënier het na bewering 'n noodlanding uitgevoer. Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het intussen 'n ondersoek van stapel gestuur.
Vorige artikel: Helikopter voer noodlanding uit
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’