Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die munisipaliteit reageer soos volg op die visvrektes wat in die Hartenbosrivier gerapporteer is:
Mosselbaai-munisipaliteit is bewus van die jongste visvrektes in die Hartenbosrivier. Toetse is reeds gedoen om die oorsaak vas te stel.
Die direkteur tegniese dienste, Dick Naidoo bevestig dat die vrektes nie aan rioolstortings van die munisipale watersuiweringswerke toegeskryf kan word nie.
In samewerking met die Hartenbosrivierforum is die onderskeie departemente wat vir die bestuur van die rivier verantwoordelik is, reeds genader vir toestemming om die riviermonding oop te maak.
Vir verdere navrae, kontak gerus Caren George (021 483 2724) van die departement omgewingsake.
Kyk 'n video hieronder:
Die vrektes kan nie aan rioolstortings van die munisipale watersuiweringswerke toegeskryf word nie.
Mosselbaai-munisipaliteit is bewus van die jongste visvrektes in die Hartenbosrivier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'