MOSSELBAAI NUUS - Vista Rolbalklub se jaarlikse Vista Damesdag is onlangs gehou met die tema: Swart en Wit. Al die spanne het ingekoop en spelers het klere met alle skakerings van swart en wit aangehad.
Natuurlik, trou aan Vista se tradisie, het die gewilde Naked Chefs (Vista se mans) weer die vroue getrakteer regdeur die dag, veral met ‘n heerlike middagete.
Die vroue het die dag baie geniet en heerlik op die maat van die musiek op die baan gedans. Goeie en mededingende rolbal is gespeel so tussen al die pret deur.
Die wenners van die dag was die span van Anelia du Plessis, Deona Cooke, Bets Erasmus en Hester von Solms.
Die bes geklede span was die ‘Super Sheriffs’met spanlede Yzzil Hattingh, Coralie van Wyk, Tish Hockney en Huibie Mynhardt.
Die bes geklede span was die ‘Super Sheriffs’met spanlede Yzzil Hattingh, Coralie van Wyk, Tish Hockney en Huibie Mynhardt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’