MOSSELBAAI NUUS - Hoewel die Vista-rolbalklub nie tydens die grendeltyd fisies mag saamkuier nie, "kuier" die lede gereeld as ‘n rolbalfamilie saam deur middel van elektroniese media.
Vista het onlangs ‘n baie suksesvolle Noot vir Noot-kompetisie aangebied waartydens die lede se musiek kennis deeglik oor twee aande getoets is.
Die wenspan het bestaan uit Deona en Ulrich Cook en Lourens, Bets en Lourens (junior) Erasmus.
Die hele Noot vir Noot-kompetisie is deur middel van WhatsApp gespeel.
Verlede week het 42 van die lede deelgeneem aan ‘n Vista-bingo-kompetisie wat ook deur middel van WhatsApp gespeel is. Pieter du Plessis en Ulrich Cook was van die wenners.
Hierdie week en volgende week se bingospele is egter aansienlik groter aangesien baie meer bingokaartjies verkoop is. Behalwe vir die lekker virtuele saamkuier is die weeklikse bingo is ook natuurlik ‘n handige fondsinsameling vir die klub aangesien die rolbalklub tans geen vorm van inkomste het nie.
Die Erasmusse, Lourens (junior), Bets en Lourens het hul musiekkennis tydens die Noot vir Noot-kompetisie getoets.
Pieter du Plessis het die bingo-kompetisie terdeë geniet.
Ulrich Cook is een van die wenners in die bingo-kompetisie.
Soos lyk die Bingo-kaart.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'