MOSSELBAAI SKOLE ATLETIEK - Hoërskool Punt het vanjaar sy jaarlikse Hart-loop-atletiekbyeenkoms op 10 en 11 Februarie in Oudtshoorn aangebied.
Hierdie byeenkoms is 'n jaarlikse instelling waartydens die atlete en sangspanne van Langenhoven Gimnasium, Ounteniqua en Punt teen mekaar meeding.
Punt het 'n baie sterk atletiekspan gestuur en spog met uitstekende uitslae. Deacon Cooper van Punt is aangewys as die beste veldatleet vir junior seuns en Lara Lubbe as die beste baanatleet vir junior meisies. Deacon het ook die hamergooi rekord vir seuns o/14 verbeter.
Punt het algeheel baie goed presteer, met 17 eerste plekke, 25 tweede plekke en 19 derde plekke. Die skool se sangspan het ook baie goed gedoen en einding in die derde plek.
Besonderse prestasies was gelewer:
- Meisies o/14: Joalize Steyn - 200m (28,32m), Marzaan van der Linde - diskus (22,58m).
- Meisies o/15: Lara Lubbe - 300m hekkies (49,00 sek), Johané de Jager 90m - hekkies (15,20 sek), Johané de Jager - verspring (4,47m).
- Meisies o/17: Leandri van der Linde - gewigstoot (10,73m), Anika Beukes - 100m (12,97 sek), Anika Beukes - 200m (26,59 sek), Jandri Snyders - 800m (2:25 min).
- Meisies o/19: Abigail Figland - driesprong (10,86m).
- Seuns o/14: Deacon Cooper - hamergooi nuwe rekord (42,12m).
- Seuns o/17 Mario Swanepoel - hamergooi (39,50m), Lodewyk le Grange - 200m (24,83 sek), Girard September - verspring (6,13m), Girard September - driesprong (12,61m).
- Seuns o/19 Brendan Schutte - 400m (53,80 sek), Liam Kannemeyer - 100m (11,69 sek), Jay-dee van Reenen - 110m hekkies (19,20 sek) en Danie van Langelaar - 800m (2:21 min).
Punt bedank almal wat betrokke was en ook die borge wat die byeenkoms moontlik gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'