Update
MOSSELBAAI NUUS - Bekende Mosselbaaier, Kobus Crous is vanoggend, op Woensdag, 6 Oktober in 'n hospitaal in Gauteng oorlede nadat hy in Julie die Covid-19 virus opgedoen het.
Crous is op 19 Julie in die Life Bay View Privaat Hospitaal op Mosselbaai opgeneem en is onlangs per vliegtuig na 'n hospitaal in Pretoria verplaas waar hy deur longspesialiste behandel is.
Sy vrou Lizelle, het vanoggend om 00:30 op 'n WhatsApp groep geskryf:
"My lief is na ons Hemelse Vader toe 00:30. Hyt nou geen stryd of pyn om verder teen te veg nie. Hy's nou in die poorte van onse Here. Dankie vir almal se gebede. ons harte is stukkend maar weet hy is op n baie beter plek nou."
Crous is bekend gewees vir sy reddingsoperasies met sy helikopters en het al verskeie Mosselbaaiers in noodtoestande bygestaan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'