Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Die Mosselbaai-brande is vir eers iets van die verlede, maar skenkings en hulp aan geaffekteerde families duur voort.
Mossel Bay Advertiser het vandag, Maandag, 12 Januarie by die Generosity Pay-it-forward Store in Voorbaai ingeloer om uit te vind wat nog benodig word.
Dit is bevestig dat minstens 11 families (moontlik meer) deur die brand geraak is.
Tans is daar ’n behoefte aan die volgende:
• vrywilligers om skenkings te help uitsorteer (meld by Generosity Store, Watsonstraat 3, Voorbaai aan - skofte is 07:30 - 12:30 en 12:30 - 17:30)
• vervoer (bakkies)
• meubels
• nie-bederfbare kosse
• toiletware
• skoonmaakmiddels
VIDEO: Só gaan dit met skenkings ná Mosselbaai-brande
Vir finansiële bydraes:
Eden Protocol Foundation
Bank: FNB
Tjekrekening: 6301 834 9670
Tak: 250 655
Verwysing: 'Fire' + jou naam
Verdere besonderhede vir Eden Protocol Foundation:
https://www.edenprotocol.co/mossel-bay-fire-relief
Registrasienommer: 2022 / 697383 / 08
Belastingnommer: 9287366257
PBO nommer: 930077977
Vir enige verdere navrae, kontak Francois Botha by 083 318 0765.
*Hierdie artikel is aangepas sedert publikasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’