MOSSELBAAI NUUS - Soos elke keer van tevore was Hoërskool Punt-leerders se onlangse besoek aan Bet-El Huis-versorgingseenheid uit 'n ander wêreld en vol pret.
Trane het gerol en maagspiere het behoorlik gewerk van die stories wat hulle kan kwyt raak.
Lede van Punt se HYPI-klub Bet-El Huis besoek om vir die bejaardes te wys dat hulle as senior burgers wel iets beteken vir ander mense. Die leerders het vir hulle 'n lekker koek gebak en klere wat aan die projek geskenk is, is uitgedeel. Tannie Patsy het vir die leerders 'n modeperade gehou waar sy dan besluit het watter klere haar die beste sal pas.
Die leerders beoog om in die nuwe kwartaal 'n insameling te hou vir toiletware, inkleurboeke en kryte, en ander dingetjies wat hulle in die toekoms kan help.
Enige skenkings kan by me Van Staden by Hoërskool Punt afgegee word. Skenkings moet gemerk word as bedoel vir die Bet-El projek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'