MOSSELBAAI NUUS - Die Tuinroete DBV en die Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T.) het vandag vinnig gereageer toe 'n rob op Santosstrand in 'n net verstrengel geraak het.
Die rob was in 'n groot net gevang.
Volgens inspekteur Mariaan Wentzel van die DBV, is die rob deur lede van die publiek opgemerk.
Die rob is deur lede van die publiek opgemerk.
Die DBV en S.M.A.R.T. het vinnig gewerk om die rob te bevry.
Ná die rob bevry is, het dit dadelik na die water beweeg en gou weggeswem.
Beide die DBV en S.M.A.R.T is vertroud met die redding en vrylating van robbe, aangesien die diere dikwels in die Mosselbaai-omgewing 'n opwagting maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’