Update
MOSSELBAAI NUUSFLITS - Volgens inligting van die KwaNonqaba-polisie se woordvoerder, sersant Kapp, is die liggaam van die vermiste Marie Brisley van Benoni gevind.
Haar liggaam is onder op die rotse aan die Punt se kant van die wandelpad opgespoor.
Die vermoede bestaan dat sy na haar dood geval het.
Die KwaNonqaba-polisie gaan 'n dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek open.
Brisley (54) en 'n vriend was in Mosselbaai met vakansie. Sy was sedert gister vermis.
Meer inligting sal volg soos dit bekend is.
Lees vorige artikels:
• Opvolg: Groot soektog na Benoni-vrou
• Woman missing from Mossel Bay
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'