Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaaise vrou wat onlangs na die begrafnis van haar eggenoot op Beaufort-Wes as vermis aangemeld is, is opgespoor.
Volgens Pastoor Tellus het sy vrou 'n soekgeselskap byeengekry en is Margarett Stuurman naby die dorp opgespoor.
Stuurman is in 'n plaaslike hospitaal vir behandeling opgeneem.
Pastoor Tellus bedank almal wat aan die soekgeselskap deelgeneem het vir hul onbaatsugtige hulp.
Lees 'n vorige artikel: Familie soek na Margarett Stuurman
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'