MOSSELBAAI NUUSFLITS - Joseph William Sydon woonagtig in Nicolaistraat 28, is as vermis aangegee by die Da Gamaskop-polisie. Sydon word sedert 8 Mei vermis.
Hy het glo aan getuies genoem dat hy Vrystaat toe op pad was.
Enige persoon met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, kts Lolo van die Da Gamaskop-polisie te kontak (044 606 2200 of 083 964 9225).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'