Update
GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die sogenaamde meesterbrein agter die dubbele moord van 'n egpaar op Groot-Brakrivier wat landuit gevlug het, is in hegtenis geneem.
Polisiewoordvoerder kaptein Malcolm Pojie het bevestig dat die verdagte, Lebohang Lekoro (28) op Vrydag, 23 November in Bloemfontein gearresteer is. Lekoro het na Lesotho gevlug kort na die grusame moord op die 72-jarige Tewie en 62-jarige Eurika Human by hulle huis op Groot-Brakrvier in Julie 2016.
Tewie is met 'n panga in die motorhuis doodgeslaan en Eurika is in die egpaar se huis met 'n mes gesteek. Die oggend van die moord is R14 000 elektronies van die Humans se bankrekening na 'n rekening in Lesotho oorgeplaas. Lekoro het vir die Humans gewerk wat 'n rioolverwyderingsonderneming bedryf het.
'n Ander verdagte, 'n vriend van Lekoro, die 27-jarige Thamsanqa Sishuba is in September verlede jaar in die rondgaande hoërhof op Mosselbaai twee lewenslange vonnisse opgelê vir sy aandeel in die moord.
Lekoro het op Maandag, 26 November in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.
Die ondersoekbeampte, ao Gerald Rabie van die Groot-Brakrivier-polisiestasie het sedert die moorde onverpoos gewerk om Lekoro vas te trek. Inligting ontvang vanaf informante wat Lekoro se bewegings tussen Lesotho en Suid-Afrika gevolg het, het bygedra tot sy in hegtenisneming.
'n Betroubare bron sê dit het gehelp dat Lekoro die "fout" gemaak het om vanuit Lesotho weer na die Suid-Afrikaanse grondgebied terug te keer. "Dit het baie papierwerk en moeite gespaar. 'n Uitruilooreenkoms sou tyd gevat het."
Lees vorige artikels hier:
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
- Opvolg: Verdagte vir Groot-Brak gru-moord
- Man vir Groot-Brak gru-moorde gearresteer
- Groot Brak gru-moorde: Roudiens Dinsdag
- Groot Brak gru-moorde: Honde bly agter
- Groot Brak gru-moorde: Skoonseun praat
- Groot Brak gru-moord: Ondersoek duur voort
- Opvolg: Groot Brak gru-moord
- Opvolg: Groot Brak-egpaar wreed vermoor
- Groot-Brakrivier-egpaar wreed vermoor
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier nuus'