Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Uitstekende vermaak het gister die tweede dag van die Garden Route 4x4 Expo and Outdoor Show gekenmerk.
Met Suid-Kaapse talent soos Janine Fourie, Pieter Mohr en Marius de Bruyn is die atmosfeer geskep vir bekende name soos Die Ventertjies, twee multitalentvolle sussies Lindie en Nicola wat tussen hulle meer as 13 instrumente bespeel.
Fatman was ‘n treffer en het behoorlik die gehoor op hulle voete gehad.
FOTOGALERY: Vermaak by die 4x4 ekspo
Vandag kan feesgangers uitsien na die immergewilde Jakkie Louw se optrede. Louw bied ook ‘n poppekas vir kinders aan.
Die twee viertrekbane is reeds oop en teen 11:30 word die “drag races”
vir viertrekvoertuie aangebied. Die fees loop môre, 2 Mei ten einde.
Een van môre se hoogtepunte is die optrede van Early B en Justine Vega om 12:00.
Video - Puik vermaak by buitelugskou (Video: Cornelle Carstens en Julian Scholtz).
Fotos: Julian Scholtz
Read previous articles:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'