Die DNS het uit 'n enkele haar, wat op die misdaadtoneel gevind is, bestaan.
Vandag, sal die 37-jarige verdagte op aanklag van verkragting in die Mosselbaai Landdroshof verskyn.
Familie van die slagoffer, wat nou 12 jaar oud is en steeds op Mosselbaai woon, sal na verwagting by die hof wees.
Die verdagte het die slagoffer in 'n veld verkrag en met 'n klip aangerand, terwyl sy oppad was na haar kleuterskool.
Die man is deur 'n polisiebeampte van die polisie se gesinsgeweldeenheid in die George Gevangenis gearresteer waar hy reeds verhoorafwagtend is vir drie ander aanklagte van verkragting.
Volgens polisie het die resultate van DNS monsters wat destyds na 'n labratorium gestuur is, lank gevat oor daar 'n oponthoud in die stelsel was.
Polisie sê die verdagte het ook nie agt jaar terug ander verkragsake teen hom gehad het, maar nadat sy bloed getrek is en dit op die polisie databasis geplaas is, kon hy suksesvol met die enkele DNS monster verbind word.