MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai ondersoek 'n saak van verkragting nadat 'n 19-jarige meisie op Maandag, 29 Oktober na bewering in 'n beboste gebied duskant Alhofrylaan verkrag is.
Volgens die woordvoerder van die Mosselbaai-polisiestasie, ao Pieter Koekemoer, is die polisie om ongeveer 05:40 na die gebied ontbied.
"Die polisie het op 'n vrou afgekom waar sy half naak in die bosse tussen Tarka en Da Nova gelê het. Die vrou is na 'n plaaslike hospitaal geneem waar sy vir haar beserings behandel is. Die ondersoek duur voort."
Intussen is 'n 17-jarige man in Alhofrylaan in hegtenis geneem vir die verkragting van 'n driejarige meisie. Die verdagte is bure van die slagoffer en het haar vermoedelik oor 'n tydperk verkrag.
Haar ma het 'n saak by die polisie aanhangig gemaak nadat sy die kleuter gebad het en opgemerk het dat daar beserings aan haar geslagsdele is. Die verdagte het intussen in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van verkragting.
'Ons bring jou die Mosselbaai, Tuinroete nuus'