HARTENBOS NUUS - ‘n Vrou is vanoggend omstreeks 10:00 na bewering in ‘n woonkompleks in Hartenbos verkrag. Sy was glo besig om wasgoed op te hang, toe ‘n onbekende man haar oorval het.
Die polisie versoek die gemeenskap om hulle te help om die verdagte te identifiseer op grond van die slagoffer se beskrywing.
Die man word beskryf as blank, met bruin oë, blonde hare en ‘n skerp ken. Hy was geklee in ‘n donkerblou T-hemp, denimbroek en ‘n donkerblou pet waarop daar in wit geskryf is. Hy het swart veiligheidstewels aangehad.
Enige persoon met inligting word versoek om ao Tata Marks te kontak (082 778 7290 of 084 675 5334).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'