MOSSELBAAI NUUS - 'n Veroordeelde verkragter, Friedel Jansen (31) is op Donderdag, 16 Augustus in die Mosselbaai-streekhof tot effektief 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Jansen is skuldig bevind op 'n aanklag van verkragting.
Die misdryf het in Desember 2017 in by 'n huis in Uitbreiding 8, Mosselbaai gebeur.
Die 41-jarige slagoffer het by 'n vriendin oornag en het wakker geword terwyl Jansen besig was om haar broek af te trek. Sy is daarna verkrag.
Die saak is suksesvol ondersoek deur ao Tata Marks van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'