MOSSELBAAI NUUS - Twee seuns van Hartenbos, wat oor 'n tydperk van vyf jaar bykans daagliks deur hulle ma se 46-jarige vriend, verkrag en seksueel aangerand is, het oor die misdrywe stil gebly omdat hulle onder andere gedreig is.
Die seuns wou ook nie hê hulle: "mamma moet seerkry nie."
Die beskuldigde, wat in 'n stadium daarop aangedring het dat hulle hom 'pappa' moes noem, het ook by geleentheid die een seun se mond toegedruk.
Dit is van die skokkende getuienis wat in die Oudtshoorn-streekhof aangehoor is tydens die verhoor van die beskuldigde, wat deurgaans volgehou het hy is onskuldig.
Die man se identiteit is aan die Mossel Bay Advertiser bekend, maar word weerhou om die identiteite van die seuns, wat nou tieners is, te beskerm.
Die verkragtings en seksuele aanrandings het tussen 2014 en 2019 by die seuns se huis óf by die beskuldigde se huis plaasgevind.
Dit het dikwels gebeur wanneer die kinders, wat teen die tyd wat die voorval aangemeld is, 10 en 11-jaar-oud was, alleen in sy teenwoordigheid was.
Lees meer in Vrydag se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’